Toegedraai met liefde (Persoonlike Skryfstuk)
Sjoe, ek kan nie glo vyf maande is reeds verby sedert ek al wat boek en tydskrif opgeraap het op soek na elke 'inspirerende kreatiewe idees' nie! Twee jaar lank was ek by die huis en myself besig gehou deur handgemaakte goed te ontwerp. Eendag opsoek na n unieke geskenk vir n vriendin. Wou ek graag vir haar n spesiale armband gee. Maar ek kon niks in die winkels opspoor wat bekostigbaar is nie. Toe besluit ek om my eie te ontwerp. Dit was vir my so lekker om dit te maak dat dit uiteindlik daartoe gelei dat ek my stokperdjie in n suksesvolle deeltyd besigheid kon omskep. Ek het nie net armbande ontwerp nie - ek het ook uitnoodiging vir spesial okkasies ontwerpe, plekmatjies, geskenkkaartjies, kinderpartjie versierings en meisie baba kleurtjies ontwerp, om maar n paar te noem. Om van die huis af te werk en agter twee klein kinders te kyk het sy uitdagings, maar die voordele maak als die moeite werd. Dis altyd lekker om iets te gee (of te kry) waarin jy die liefde kan sien waarmee dit gemaak is.
In my kletkamer sal jy bloot gestel wees aan n gids tot pragtige pakkies. Ek gee vir jou drie temas wat jy as jou inspirasie kan gebruik vir n hele jare se presente. Onder elke tema kry jy idees vir toegedraai, die mooiste kaartjies, handwerke, naaldwerk en kosgeskenke wat so goed lyk as wat dit proe.
Laat weet asseblief as daar enige iets wat julle graag op my blog wou sien. Wie weet, miskien wag daar n nuwe loopbaan vir jou soos n groot geskenk - net reg om uit sy papier gewikkel te word.
Lekker toedraai!
Kreatiewe groete!
wat het jy gebruik om die armband te maak? het jy dalk 'n prent daarvan?
ReplyDeleteJa, ek wil graag 'n prent sien asseblief.
ReplyDeleteMet net basiese handwerkvaardighede.Ek het net drie kleure lint gebreuk - ligte blou, donker blou en wit. En dan die lint deur coke blikkie ring deur gesit. En daai is al. Jy kan self die mooi armband maak. Dit maak 'n wonderlike geskenk vir enigeen wat van die komtemporêre styl hou.
ReplyDeleteuiteindelik! ek sukkel altyd met presente en gesenk sake raak vervelig nou! haha
ReplyDelete