Reflektiewe skryfstuk
In die begin was ek bang om te blog maar terselfdertyd opgewonde oor die uitdaging, want ek het niks van blogging geken nie. Toe ek my blog skep was dit uitdagend.
My grootste uitdagings was om 'n gepaste naam vir my blog te kies en ook toe ek my blog skep vir die eerste keer. Ek het gefouteer om 'n google+ blog te skep in plas van 'n blog. Dit het my regtig kwaad gemaak, want ek moes dit oor doen en ek moes 'n nuwe epos skep om 'n nuwe blog te skep. In die begin was ek baie verlore en ek het baie mense gevra om my tou wys te maak.
Soms het dit my geïrriteer en laat wonder hoekom kan ek dit nie op papier skryf nie. Ons het soveel werk om te doen en ek moet tyd inrig om te blog en boonop moet ek internet krediet hê.
Maar eerlikwaar, ek het dit geniet om te bog. Ek het baie nuwe Afrikaans woorde te leer en ook hoe om ê, ë, ï en è te tek. Ek oorweeg dit om my eie blog te skep.
Blogging is absoluut 'cool' !
Friday, 21 June 2013
Thursday, 13 June 2013
Opvoedkundige skryfstuk
Pappa jy's my 'Pudding'
Jy hoef nie al jou sakegeld te gebruik om jou pa spesiaal te laat voel hierdie Vadersdag nie. Verras jou pa met jou eie heerlike kaaskoek en 'n mooi handgemaakte kaartjie by. Dis vining, dis maklik en die meeste bestanddele het jy reeds in jou koskas.
Genoeg vir: Pappa
Bereidingstyd: 10 minuut plus afkoeltyd
Baktyd: 4 minuut
- 1 pakkie tenniskoekies
- 100g botter, gesmelte
Vulsel
- 1 blikkie kondensmelk
- 1l joghurt van jou keuse
1. Krummel die koekies tot fyn. Gooi die mengsel in 'n bak en meng met die gesmelte
botter. Roer goed en druk dit aan in die basis van die bak.
2. Vulsel: Meng die joghurt van jou keuse (1l) en kondensmelk saam. Gooi die
mengsel oor die koekie-basis en bak in die mikrogolfoond vir 4 minuut.
3. Haal die kaaskoek uit die mikrogolf en los die kaaskoek buiter tot dit koud is. Plaas
die kaaskoek in die yskas totdat dit lekker koud is.
4. Wenk: Pak middeldeurgesnyde vars aarbeie bo-op net voor jy die kaaskoek voorsit.
Verpak dit so
Tik of skryf " Pappa jy's my 'Pudding' " op 'n kaartjie en pons 'n gaatjie daarin. Sit 'n metaalogie in as jy 'n metaalogietang het. Ryg 'n stuk tou of lint deur en knop dit aan die lepel vas.

Wednesday, 5 June 2013
Die betekenis van 'n geskenk (Verhalende Skryfstuk)
Ek het my eerste lappop gekry toe ek vyftien jaar oud was, toe my ouma oorlede is. Naby my ouma het 'n baie arme vroutjie gewoon. Sy het met die familie kom simpatiseer en bring toe vir my die ou lappop, skoon gewas met 'n nuwe rokkie aan. "Hier is vir jou 'n geskenkie, want ek glo as jy iemand die eerste keer ontmoet, moet jy 'n geskenk gee. Ek het die verwaarloosde pop opgetel langs my draad. Ek het haar gewas en 'n nuwe vlegsel aangesit; ook die rokkie gemaak, en sy is nou joune." vertel die vroutjie.
"Baie dankie, maar vertel my waarom jy altyd 'n geskenk na mense toe neem as jy kennis maak?" vra ek.
"Nou ja," begin sy, "my pappie is kort na my geboorte dood - ek was die sesde kind - en my mammie het met groot moeite probeer om ons elke dag te voed en te klee.
Eendag het ons kinders om die ysterpot gesit waarin water gegooi is om die aanbrandsel sag te maak. Toe die pot skoon gemaak is, staan ek op om vir my ma te sê ons is nog honger. Ek vind haar op haar knieë voor die bed. Sy huil-pleit voor die Vader dat daar tog vir haar kinders kos sal wees.
Net toe my ma uit die agterdeur kom, hou 'n bakkie voor ons deur stil. 'n Man klim uit. "Mevrou, ek is jul nuwe buurman en toe ons skaap slag, besluit ek om vir my bure ook en te slag as ek kom kennis maak. Hier is ook 'n sak groente, want die Here het dit op my hart gelê dat ek dit vir jou bring."
"Ons het die middag die heerlikste ete van ons ganse bestaan gehad. Ek het nooit vergeet dat die man gesê het omdat hy kom kennis maak bring hy vir ons 'n geskenk."
Ek het die ou lappop in my kammer op my bed sitgemaak. Altyd as iemand iets sê oor die pop het ek die verhaal oorvertel. Toe my broer se dogter twee word, het ek die pop vir haar gegee, want sy het baie met die pop gespeel en wil graag so 'n pop hê.
Om te gee en te ontvang kan 'n baie kragtige uitdrukking van liefde wees, en vir baie jare onthou word. Ons koop te maklike die duurste en beste geskenke en kinders waardeer dit nie altyd nie.

Saturday, 1 June 2013
Maak jou pakkie op ( Beskrywende Skryfstuk)
Geskenkies vir geliefdes hoef nie 'n plaas se geld te kos nie.
Op soek na die perfekte geskenk vir iemand spesiaals? Hou op soek en maak self 'n besonderse geskenk - dis uniek, bekostigbaar en baie persoonlik.

Niks is immers so spesiaal soos 'n handgemaakte geskenk nie. Een wat met liefde toegedraai is en waar geen moeite ontsien is met selfs die kaartjie nie. As jy op soek na inspirasie vir verjaardae, Kersfees en ander spesiale geskenke, is my blog 'n onontbeerlike gids vir jou.Dit bevat:
- Lieflike idees vir handgemaakte geskenke,
- die mooiste toegedraaiplanne,
- oulike kaartjies vir elke geskenk,
- maklike, bekostigbare projekte
Subscribe to:
Comments (Atom)