Die betekenis van 'n geskenk (Verhalende Skryfstuk)
Ek het my eerste lappop gekry toe ek vyftien jaar oud was, toe my ouma oorlede is. Naby my ouma het 'n baie arme vroutjie gewoon. Sy het met die familie kom simpatiseer en bring toe vir my die ou lappop, skoon gewas met 'n nuwe rokkie aan. "Hier is vir jou 'n geskenkie, want ek glo as jy iemand die eerste keer ontmoet, moet jy 'n geskenk gee. Ek het die verwaarloosde pop opgetel langs my draad. Ek het haar gewas en 'n nuwe vlegsel aangesit; ook die rokkie gemaak, en sy is nou joune." vertel die vroutjie.
"Baie dankie, maar vertel my waarom jy altyd 'n geskenk na mense toe neem as jy kennis maak?" vra ek.
"Nou ja," begin sy, "my pappie is kort na my geboorte dood - ek was die sesde kind - en my mammie het met groot moeite probeer om ons elke dag te voed en te klee.
Eendag het ons kinders om die ysterpot gesit waarin water gegooi is om die aanbrandsel sag te maak. Toe die pot skoon gemaak is, staan ek op om vir my ma te sê ons is nog honger. Ek vind haar op haar knieë voor die bed. Sy huil-pleit voor die Vader dat daar tog vir haar kinders kos sal wees.
Net toe my ma uit die agterdeur kom, hou 'n bakkie voor ons deur stil. 'n Man klim uit. "Mevrou, ek is jul nuwe buurman en toe ons skaap slag, besluit ek om vir my bure ook en te slag as ek kom kennis maak. Hier is ook 'n sak groente, want die Here het dit op my hart gelê dat ek dit vir jou bring."
"Ons het die middag die heerlikste ete van ons ganse bestaan gehad. Ek het nooit vergeet dat die man gesê het omdat hy kom kennis maak bring hy vir ons 'n geskenk."
Ek het die ou lappop in my kammer op my bed sitgemaak. Altyd as iemand iets sê oor die pop het ek die verhaal oorvertel. Toe my broer se dogter twee word, het ek die pop vir haar gegee, want sy het baie met die pop gespeel en wil graag so 'n pop hê.
Om te gee en te ontvang kan 'n baie kragtige uitdrukking van liefde wees, en vir baie jare onthou word. Ons koop te maklike die duurste en beste geskenke en kinders waardeer dit nie altyd nie.
'n Baie goeie storie!
ReplyDeleteLet asb. op die volgende:
1. skoongewas - een woord
2. skoongemaak - een woord
3. "toe my ma uit die agterdeur kom" - by die agterdeur uitkom
4. "te maklike" - te maklik