Friday, 21 June 2013

Reflektiewe skryfstuk

In die begin was ek bang om te blog maar terselfdertyd opgewonde oor die uitdaging, want ek het niks van blogging geken nie. Toe ek my blog skep was dit uitdagend.

My grootste uitdagings was om 'n gepaste naam vir my blog te kies en ook toe ek my blog skep vir die eerste keer. Ek het gefouteer om 'n google+ blog te skep in plas van 'n blog. Dit het my regtig kwaad gemaak, want ek moes dit oor doen en ek moes 'n nuwe epos skep om 'n nuwe blog te skep. In die begin was ek baie verlore en ek het baie mense gevra om my tou wys te maak.

Soms het dit my geïrriteer en laat wonder hoekom kan ek dit nie op papier skryf nie. Ons het soveel werk om te doen en ek moet tyd inrig om te blog en boonop moet ek internet krediet hê.

Maar eerlikwaar, ek het dit geniet om te bog. Ek het baie nuwe Afrikaans woorde te leer en ook hoe om ê, ë, ï en è te tek.  Ek oorweeg dit om my eie blog te skep.

Blogging is absoluut 'cool' !

1 comment: