Thursday, 13 June 2013

Opvoedkundige skryfstuk

Pappa jy's my 'Pudding'











Jy hoef nie al jou sakegeld te gebruik om jou pa spesiaal te laat voel hierdie Vadersdag nie. Verras jou pa met jou eie heerlike kaaskoek en 'n mooi handgemaakte kaartjie by. Dis vining, dis maklik en die meeste bestanddele het jy reeds in jou koskas.

Genoeg vir: Pappa
Bereidingstyd: 10 minuut plus afkoeltyd
Baktyd: 4 minuut

- 1 pakkie tenniskoekies
- 100g botter, gesmelte

Vulsel
- 1 blikkie kondensmelk
- 1l joghurt van jou keuse

1. Krummel die koekies tot fyn. Gooi die mengsel in 'n bak en meng met die gesmelte 
    botter. Roer goed en druk dit aan in die basis van die bak.
2. Vulsel: Meng die joghurt van jou keuse (1l) en kondensmelk saam. Gooi die
    mengsel oor die koekie-basis en bak in die mikrogolfoond vir 4 minuut.
3. Haal die kaaskoek uit die mikrogolf en los die kaaskoek buiter tot dit koud is. Plaas
    die kaaskoek in die yskas totdat dit lekker koud is.
4. Wenk: Pak middeldeurgesnyde vars aarbeie bo-op net voor jy die kaaskoek voorsit.

Verpak dit so
Tik of skryf " Pappa jy's my 'Pudding' " op 'n kaartjie en pons 'n gaatjie daarin. Sit 'n metaalogie in as jy 'n metaalogietang het. Ryg 'n stuk tou of lint deur en knop dit aan die lepel vas.

4 comments:

  1. hmmmmmmmm... Ek gaan dit nou maak! :)

    ReplyDelete
  2. Mmm.. Dit lyk lekker en klink baie maklik om te maak! Dit bevat nie ook baie bestanddele nie :)

    Kombuis hier kom ek :D

    ReplyDelete
  3. Ek het dit vir my pa gedoen en hy was vreeslik gelukkig! dankie :)

    ReplyDelete